SportSport

Krag teen krag by Interhoër hierdie Saterdag

Die 2018 Noordwes Interhoër gaan een vir die geskiedenisboeke wees met ‘n nuwe formaat, nuwe skole en ‘n krag teen krag benadering wat hierdie Saterdag 17 Februarie vir gesogte atletiek-aksie op die Kenneth McArthur Stadion gaan sorg. Potchefstroom Gimnasium speel vanjaar gasheer met agt ander skole wat vir die kampioen-titel gaan baklei. Die skole is: …

Die 2018 Noordwes Interhoër gaan een vir die geskiedenisboeke wees met ‘n nuwe formaat, nuwe skole en ‘n krag teen krag benadering wat hierdie Saterdag 17 Februarie vir gesogte atletiek-aksie op die Kenneth McArthur Stadion gaan sorg.
Potchefstroom Gimnasium speel vanjaar gasheer met agt ander skole wat vir die kampioen-titel gaan baklei.

Die skole is: Hoër Volkskool Potchefstroom, Potchefstroom Girls High en Potchefstroom Boys High (gesamentlik), Hoërskool Lichtenburg, Hoërskool Rustenburg, Hoërskool Klerksdorp, Hoërskool Wesvalia en Hoërskool Diamantveld. Hierdie nuwe formaat is te danke aan Varsity Sports se School Sport inisiatief waar die topskole in die provinsie onder die Noordwes Goud-been sal deelneem. Die gunsteling sal natuurlik Potchefstroom Gimnasium wees wat atletiek die afgelope paar jare in Potch gedomineer het.

Tog met die bykomende skole mag Gimmies dalk net vanjaar meer vir hulle oorwinning sweet. By die UJ Top 15 atletiekbyeenkoms het Hoërskool Klerksdorp juis vir Gimmies in spanverband geklop en dit mag KHS dalk net daardie ekstra selfvertroue gee.

Gimmies se uitblinkers sal die naellopers Miandi van Staden, Donevan du Toit en Alex de Waal wees met Danielle Verster, wat ook sterk aanspraak in die middelafstande sal maak.
Volkies het ook ‘n klomp briljante atlete in hulle stal soos die langasems, Cara du Preez en Robert de Villiers, sowel as Marizelle Coetzee wat puik in die gewigstoot en diskus presteer.

Natuurlik kan die tradisionele trompoppies en rasieleiers van die onderskeie skole met dans en sang ook nie gemis word nie. Wat sal ‘n Interhoër nou sonder dié kleurryke konsert wees?

Mall

PNP

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button