Gimmies se eerste krieketspan is Finsbury B-ligawenners
Gimmies se 1ste krieketspan is wenners van hul afdeling in die Finsburyreeks. Die laaste poelwedstryd is die afgelope naweek teen Hoërskool Montana gespeel, wat Gimmies met 110 lopies gewen het. Gimmies teken 235/8 (Marco Jansen spog met 110 onoorwonne lopies) in hul toegelate 50 beurte aan. Montana word vir 125 lopies uitgeboul (Robert Cameron neem …


Gimmies se 1ste krieketspan is wenners van hul afdeling in die Finsburyreeks. Die laaste poelwedstryd is die afgelope naweek teen Hoërskool Montana gespeel, wat Gimmies met 110 lopies gewen het. Gimmies teken 235/8 (Marco Jansen spog met 110 onoorwonne lopies) in hul toegelate 50 beurte aan. Montana word vir 125 lopies uitgeboul (Robert Cameron neem 3 paaltjies). Die o.15’s het hul wedstryd met 6 paaltjies verloor. Daar is ook vroeër in verlede week vriendskaplik teen Cornwall Hill gespeel. Die 1ste span het met 6 paaltjies gewen (Duan Jansen teken 95 onoorwonne lopies aan en Ricus Swart teken 56 lopies aan). Die o.15’s het met 6 paaltjies verloor (Martin Bullock teken 34 lopies aan en neem ook 2 paaltjies). Gimmies mis wel uit op ‘n kans om in volgende jaar se A-liga te speel aangesien hulle o.15-span nie genoeg punte kon behaal om die gesamentlike groottotaal te kry om op te skuif en ’n promosie/relegasiewedstryd te speel nie.
* T20
In die Noordwes T20 skolekrieketfinaal het Gimmies wel met ‘n skramse 2 lopies teen Rustenburg vasgeval. Gimmies moes die wedstryd gewen het, maar hulle het onder druk gevou om Rustenburg ‘n verrassende oorwinning op Witrand verlede Woensdag te besorg.










