SportSport

Mokuena: ‘Elke Varsitybekerwedstryd is ’n finaal’

Die NWU se Varsitybekerspan gaan vanjaar elke wedstryd as ‘n finaal aanpak en gaan hulle koppe psigies moet regkry om van hulle oorgerustheid ontslae te raak. Dit is mening van NWU afrigter, Jonathan Mokuena nadat hulle Maandagaand voor hulle tuisskare dit net-net reggekry om UJ met 18-17 op die Fanie du Toit Sportgronde te klop. …

Die NWU se Varsitybekerspan gaan vanjaar elke wedstryd as ‘n finaal aanpak en gaan hulle koppe psigies moet regkry om van hulle oorgerustheid ontslae te raak.

Dit is mening van NWU afrigter, Jonathan Mokuena nadat hulle Maandagaand voor hulle tuisskare dit net-net reggekry om UJ met 18-17 op die Fanie du Toit Sportgronde te klop.

Tatendaishe and Dean trying to take down Lloyd during the Varsity Cup Match between NWU and UJ on 19/02/2018 at Fanie du Toit Sport Grounds in Potchefstroom
Hugo with a last minute save during the Varsity Cup Match between NWU and UJ on 19/02/2018 at Fanie du Toit Sport Grounds in Potchefstroom

In ‘n wedstryd van twee uiteenlopende helftes het die NWU die eerste helfte gedomineer om met 18-3 voor te loop. Sake het toe in die twee helfte uitgerafel en twee goeie drieë van UJ se haker en yster kaptein, Jannes Snyman en flank Adriaan Bester het amper vir ‘n sege vir die besoekers gesorg. Die NWU se drieë is vroeg in die eerste helfte gedruk met Evardi Boshoff en Dean Gordon wat goeie drieë gaan druk het.
Schalk Hugo se skopvoet was ook die akkuraatheid van self en sy duikslag in die 80ste minuut om UJ se laaste poging te stuit, was ook van kardinale belang.

“Ek voel ons was in beheer van die wedstryd,maar UJ het baie goed van hulle geleenthede gebruik gemaak om ons onder druk te sit. Ek voel ook ons verdediging was ook baie beter, al was daar ‘n paar klein foute,” het Mokuena genoem.
Hy glo ook dat sy span op die aanval geleenthede gehad het om nog drieë te druk, maar dat UJ ook met ‘n interessante verdedigingspatroon, dit moeilik gemaak het.

“Ons het goed opgetel waaraan ons kan werk en waar ons met beter besluitneming die opposisie kan uitbuit. Dit is vir my ook belangrik om te sien hoeveel werkverrigting manne soos Louis van der Westhuizen op haker ingesit het. Hy het omtrent 20 duikslae ingesit en baie keer is dit die klein goed wat tot die wen bydra.

Die NWU speel nou twee wedstryde weg met die NMMU Madibaz wat komende Maandag, 26 Februarie in PE wag en Tukkies wat in Pretoria op Maandag 5 Maart vir ‘n titaniese stryd sal sorg.
“Al die wedstryde is belangrik in die Varsitybeker en ons vat elke wedstryd as ‘n eindstryd en ‘n moet wen. Die dae van maklike wedstryde is verby,” het Mokuena verduidelik.

Mall

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button