SportSport

Varsitybekervoorskou: NWU wil weer Tukkies se baas wees

Die laaste keer wat die NWU hulle teen Tukkies by die LC de Villiers-stadion in Pretoria in ‘n Varsitybekerwedstryd bevind het, was dit Jonathan Mokuena se eerste wedstryd aan die stuur. Hy het toe sy span gemaklik na ‘n 38-15 oorwinning gelei. Daardie sege was die katalisator vir ’n bekertriomf in 2016, wat tot op …

Die laaste keer wat die NWU hulle teen Tukkies by die LC de Villiers-stadion in Pretoria in ‘n Varsitybekerwedstryd bevind het, was dit Jonathan Mokuena se eerste wedstryd aan die stuur. Hy het toe sy span gemaklik na ‘n 38-15 oorwinning gelei.
Daardie sege was die katalisator vir ’n bekertriomf in 2016, wat tot op datum die grootste suksesverhaal vir die NWU se Varsitybekerspan is. Nou is dit twee jaar later en albei spanne bevind hulself in interessante posisies. Daar sal niks beter vir Mokuena en kie wees as hulle weer vir Tukkies kan troef en summier na hulle vyfde agtereenvolgende nederlaag sal lei nie. Die NWU is onder Mokuena se afrigting en Tiaan Bezuidenhout se leierskap is stelselmatig besig om elke week op ‘n soliede fondasie te bou.

Henko Marais stamp 'n NMMU-verdediger af tydens die NWU se gemaklike 37-5 oorwinning verlede Maandagaan in PE.
Henko Marais stamp ‘n NMMU-verdediger af tydens die NWU se gemaklike 37-5 oorwinning verlede Maandagaand in PE. Foto: AsemEngage

Hulle 37-5 oorwinning teen die NMMU-Madibaz die afgelope Maandag getuig hiervan. Tukkies, wat tans die verdedigende Varsitybekerkampioene is, het die swakste begin nog in enige Varsitybekerveldtog prakseer met vier agtereenvolgende nederlae. Om sake in perspektief te stel het die Pretorianers slegs twee bonuspunte na 320 minute se rugby en is plat teen die aarde in die laaste plek.

Mall


Die NWU het aan die ander kant 15 punte na vier wedstryde en beklee die vierde plek. Hulle het ook die tweede beste punteverskil in die kompetisie met 95. Slegs die voorlopers, Maties met ‘n punteverskil van 134, het meer as Mokuena se manne. Die uitblinkers vanjaar vir Mokuena agterlangs is die regtervleuel Dean Gordon, sowel as die jong buitesenter Evardi Boshoff. Voorlangs is die haker, Louis van der Westhuizen, die flank Estehan Visagie en slot, Walt Steenkamp, ysters vir die NWU vanjaar.
Vir Tuks is Thinus de Beer altyd ‘n gevaarlike kalant in die nommer 10 trui terwyl Christo Hamann (heelagter) en Dewald Naudé (vleuel) ook hul merk kan los. Die wedstryd tussen Tukkies en die NWU skop Maandag 5 Maart om 16:45 in Pretoria af.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button