SportSport

Gimmies se o.15A netbalspan is Noordwes se bestes

Potchefstroom Gimnasium se o.15A netbalspan is in die wolke nadat hulle by die afgelope Noordwes kampioenskappe as die wenners gekroon is. Gimmies se jong netbalsterre het vir Bergsig Akademie in die eindstryd oortuigend met 11-1 geklop en sal nou na die SA Kampioenskappe beweeg wat vanaf 20-22 Julie by Hoërskool E.G. Jansen gaan plaasvind. Gimmies …

Potchefstroom Gimnasium se o.15A netbalspan is in die wolke nadat hulle by die afgelope Noordwes kampioenskappe as die wenners gekroon is.
Gimmies se jong netbalsterre het vir Bergsig Akademie in die eindstryd oortuigend met 11-1 geklop en sal nou na die SA Kampioenskappe beweeg wat vanaf 20-22 Julie by Hoërskool E.G. Jansen gaan plaasvind.
Gimmies se kaptein, Jacqueline van Rooyen, het ‘n uitstekende toernooi gehad en haar span goed op die baan in die vyf wedstryde gelei.
Volgens Gimmies se o.15A netbalafrigter, Marike Maree, wat ook deel van die NWU se eerste netbalspan is, was haar span van die staanspoor af puik.
“Hierdie kinders het verskriklike goeie talent en sit dieselfde hoeveelheid moeite in, maak nie saak of hulle verdedig of aanval nie. Hulle is altyd baie ywerig om hulle beste te gee,” noem sy.
Maree, wat vanjaar reeds in haar eerste jaar as afrigter vir Gimmies na ‘n Noordwestitel gelei het, glo dat sy juis in afrigting uitblink omdat sy die wyse woorde van haar mentor Dorette Badenhorst steeds gebruik. “Toe Dot my as speler afgerig het, het ek baie by haar geleer, wat ek in my eie afrigting toepas. Ek voel nie ek kan al die krediet vat nie, omdat sy as afrigter vir my so baie gehelp het,” het Maree die voormalige NWU netbalafrigter, geprys.
Hierdie netbalspan kan nou nog groter hoogtes by die SA’s bereik nadat hulle vroeër vanjaar ook as die NWU Prestigereeks-wenners aangewys is.

https://www.nbcarsales.co.za/
https://www.nbcarsales.co.za/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button