PPK kry nuwe wenners vanaf Britstown
Daar is twee nuwe wenners hierdie naweek by die Potchefstroom Posduifklub gekroon met die duiwe se vlug vanaf Britstown. In die Jaaroud-afdeling het Rassie de Jager se duiwe, 1ste, 4de en 9de plekke ingeklok, met Nic Stassen se duiwe in die 2de, 12de, 13de en 14de plekke. Marnus Nel se duiwe behaal 3de, 6de en …

Daar is twee nuwe wenners hierdie naweek by die Potchefstroom Posduifklub gekroon met die duiwe se vlug vanaf Britstown. In die Jaaroud-afdeling het Rassie de Jager se duiwe, 1ste, 4de en 9de plekke ingeklok, met Nic Stassen se duiwe in die 2de, 12de, 13de en 14de plekke. Marnus Nel se duiwe behaal 3de, 6de en 15de plekke met Nollie Meintjies se duiwe in die 5de plek. Riaan en Elmarie se duiwe neem die 7de en 8ste plekke in. Nic Stassen is nou gerieflik voor met die Jaaroudpunte op 2216 en Sarel Naudé tweede met 2095 punte.
In die Ope afdeling begin Kirsten hokke se duiwe nou vorm kry. Sy duif neem die 1ste plek in met Nel se duiwe in die 2de, 4de, 9de en 10de plekke. Riaan en Elmarie se duiwe behaal ‘n 3de plek met Nic Stassen se duif in die 5de plek. In die ope-afdeling is Nic Stassen ook voor met 1946 punte. Nel skuif op na tweede plek met 1763 punte terwyl Naudé hier derde met 1669 punte is.
By die Mooirivier Resiesduifklub duur die tweestryd tussen Johan Schlebusch en Willem Moolman steeds voort. Schlebusch kraai koning in die jaaroudafdeling met ‘n eerste en tweede plek. Moolman behaal 3de, 4de en 9de plekke hier, terwyl Hennie Aucamp se duiwe ook goeie vorm toon met 5de, 6de en 10de plekke. In die Ope-afdeling behaal Moolman weereens puik resultate met ‘n wen. Fanie & Familie (2de) en Haupt Lofts (3de) neem die ander podiumposisies in. Schlebusch kon in hierdie kategorie net daarin slaag om 4de, 6de en 9de plekke dié week te behaal. Dit beteken dat Moolman steeds die voorloper in die ope-afdeling is, alhowel met ‘n skrale 16 punt voorsprong. Schlebusch is wel ver voor in die jaaroudafdeling met ‘n massiewe 713 punt voorsprong teenoor synaaste teenstander Willem Moolman.
Volgende naweek word die 2de provinsiale wedvlug vanaf Richmond oor ‘n afstand van 580km gevlieg.




