SportSport

Potchefstromers wys hulle staal by Wêreldkampioenskappe in PE

Die ses Potchefstromers wat op 1 en 2 September aan die afgelope 70.3 Ysterman Wêreldkampioenskappe in Port Elizabeth deelgeneem het, het met goeie uitslae huis toe gekom. Volgens een van dié deelnemers, Dawie Janse van Rensburg, het hy ‘n goeie resies beleef en het te midde van sterk kompetisie gewys wat Potchefstromers teen die wêreld …

Die ses Potchefstromers wat op 1 en 2 September aan die afgelope 70.3 Ysterman Wêreldkampioenskappe in Port Elizabeth deelgeneem het, het met goeie uitslae huis toe gekom.
Volgens een van dié deelnemers, Dawie Janse van Rensburg, het hy ‘n goeie resies beleef en het te midde van sterk kompetisie gewys wat Potchefstromers teen die wêreld se bestes kan doen.
“Dit was my beste 70.3 Ysterman wedloop. Die kompetisie is baie taai en daar is vinnige mense oor die wêreld wat deelgeneem het,” noem Janse van Rensburg, wat 23ste in sy ouderdomsgroep (40-44) geëindig het met ‘n tyd van 4:30:28.
Dean Rosin het in ‘n tyd van 4:49:05 klaargemaak om 84ste in sy ouderdomskategorie (45-49) te eindig.
Alisa Botha het ook beïndruk en in ‘n goeie tyd van 5:15:43 haar wedloop voltooi om 36ste in haar ouderdomskategorie (35-39) te eindig. Audrey Liebenberg het oor die eindstreep in 6:07:35 gegaan om ‘n algehele 78ste plek in haar ouderdomskategorie (50-54) te behaal.
Dana Schutte het ook sy staal gewys met ‘n tyd van 4:49:35 om 88ste in sy ouderdomskategorie (45-49) te eindig. Japie Kruger het in ‘n uitdagende kategorie (30-34) 222ste uit 321 atlete klaargemaak met ‘n tyd van 4:55:06.

Foto’s: Verskaf

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button