Ferdies se flink o.15 ysters behaal bekersukses
Hoërskool Ferdinand Postma se o.15 krieketspan is vir die eerste keer NW Super B-ligawenners nadat hulle vir Hoërskool Rusterburg se o.15B-span met 81 lopies in die eindstryd op hulle tuisveld geklop het. Ferdies se wedstrydwenners was Lionel Moss (78 van 67 balle) met 14 viere en kaptein, Fardeen Khair (48 van 60 balle) wat Ferdies …

Hoërskool Ferdinand Postma se o.15 krieketspan is vir die eerste keer NW Super B-ligawenners nadat hulle vir Hoërskool Rusterburg se o.15B-span met 81 lopies in die eindstryd op hulle tuisveld geklop het.
Ferdies se wedstrydwenners was Lionel Moss (78 van 67 balle) met 14 viere en kaptein, Fardeen Khair (48 van 60 balle) wat Ferdies op koers met hulle groottotaal van 237 gesit het. Moss het ‘n paar keer met sy grenshoue die oë laat rek en hy kan ongelukkig wees dat hy nie sy honderdtal behaal het nie. Duanne Bester het ook op die einde ‘n handige 35 (31) aanmekaar getimmer.
Met die bal is Ferdies se Marco Botha (3/12) verwoestend terwyl Leniel Swart en Bester self ook 2 paaltjies neem om Rustenburg tot 156 te beperk.















