SportSport

Volkies se o.15 behaal vyfde ligatitel in ‘n ry

olkies se o.15A-krieketspan het dit die afgelope naweek reggekry om vir die vyfde agtereenvolgende keer die Noordwes Super A-liga in te palm en is weer die provinsie se bestes. Hulle het sonder skroom vir Hoërskool Rustenburg in Rustenburg met 177 lopies geklop en sodoende wraak geneem vir die nederlaag teen Rustenburg vroeër in die seisoen. …

olkies se o.15A-krieketspan het dit die afgelope naweek reggekry om vir die vyfde agtereenvolgende keer die Noordwes Super A-liga in te palm en is weer die provinsie se bestes.
Hulle het sonder skroom vir Hoërskool Rustenburg in Rustenburg met 177 lopies geklop en sodoende wraak geneem vir die nederlaag teen Rustenburg vroeër in die seisoen.
Volkies teken 280/4 in 50 beurte aan met kaptein Niel van Vuuren wat sy tweede agtereenvolgende honderdtal in dieselfde getal naweke aanteken.
Van Vuuren se 132 van 148 balle was die gom wat Volkies se beurt laat stewig staan het. Tesame met Corné Prinsloo se 76 bou dié twee die fondasie van die oorwinning. RHS se kolwers het gelyk of hulle op ‘n ander kolfblad gekolf het toe hulle vir slegs 103 lopies uitgeknikker is. Wendel Osuala neem 4/19, John van Wyk vat 3/30 en Prinsloo dra 2/24 met sy draaiballe by.
Volkies se o.15’s speel komende naweek teen Hoërskool Pietersburg weg in die Noordvaal kwartfinaal en na hierdie vertoning is die kanse goed dat die o.15’s al die pad kan gaan.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button