SportSport
Volkies deur na Noordvaal semi-finaal
Hoër Volkskool Potchefstroom het die afgelope Saterdag, 27 Oktober in die Noordvaal-kwartfinaal gemaklik vir Hoërskool Pietersburg met 8 paaltjies kafgedraf. In hierdie wedstryd wat op Volkies se tuisveld gespeel is, het Van Zyl Smit (3/37) en Waldu Kotze (4/34) se boulwerk die meeste skade aangerig om Pietersburg tot 193 te beperk. Volkskool se openingspaar, Martin …

Hoër Volkskool Potchefstroom het die afgelope Saterdag, 27 Oktober in die Noordvaal-kwartfinaal gemaklik vir Hoërskool Pietersburg met 8 paaltjies kafgedraf.
In hierdie wedstryd wat op Volkies se tuisveld gespeel is, het Van Zyl Smit (3/37) en Waldu Kotze (4/34) se boulwerk die meeste skade aangerig om Pietersburg tot 193 te beperk.
Volkskool se openingspaar, Martin Fourie met 74 en Van Zyl Smit met ’n onoorwonne 77, het die tuisspan van ’n oorwinning verseker.
Volkies het nou ‘n taamlike opponent in hulle roete na die Noordvaal-finaal vanjaar, met ‘n halfeindstryd teen Garsfontein in Pretoria komende naweek.
Foto’s: Wouter Pienaar
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!










