Wie onthou toe die Spanjaarde in Potchefstroom kom kuier het?
In Junie en Julie 2010 het daar ‘n koors uitgebreek waar Potchefstromers meer as gewoonlik begin sokker kyk het. Hulle het ook ‘n neiging gehad om “Olé” te skree en hulself met geel en rooi te drapeer. Die rede hiervoor was natuurlik dat die 2010 FIFA Wêreldbekerwenners, Spanje, se tuisbasis vir die wêreldbeker dié universiteitsdorp …

In Junie en Julie 2010 het daar ‘n koors uitgebreek waar Potchefstromers meer as gewoonlik begin sokker kyk het. Hulle het ook ‘n neiging gehad om “Olé” te skree en hulself met geel en rooi te drapeer.
Die rede hiervoor was natuurlik dat die 2010 FIFA Wêreldbekerwenners, Spanje, se tuisbasis vir die wêreldbeker dié universiteitsdorp was.
Al die bekende spelers, soos Xavi, Andres Iniesta, Fernando Torres en Iker Casillas, het met ‘n groot parade per bus in Potchefstroom gearriveer en Potcheftromers het hulle met ope arms verwelkom. Die opwinding was groot in die begin, maar soos die Spanjaarde al hoe beter in die toernooi begin doen het, het die belangstelling en geleende Spaanje lojaliteit begin groei.
By die Drakenstein-resturant op die NWU Potch-kampus was daar tot flamenco-dansers sowel as “gumboot” dansers wat vir vermaak tydens die wêreldbeker-spektakel gesorg het.
Bekende watergate en kuierplekke in Potch het ook aan die gees van die 2010 Wêreldbeker deelgeneem met spesiale aanbiedinge en ‘n goeie gees rondom hierdie een keer in ‘n leeftyd aanskoulikheid.
Alhoewel Spanje glad nie enige wêreldbekerwedstryde in Potchefstroom gespeel het nie, was die energie steeds hoog danksy die briljante fasiliteite wat spesifiek vir die 2010 FIFA Sokkerwêreldbeker gebou is. Die nou bekende Sport Village is ook spesifiek gebou om die Spanjaarde en ander internasionale atlete en sportspanne ook te huisves.
Die Spaanse sokkerspan was hoogs beïndruk met die fasiliteite en as ‘n mens kan net ‘n draai in die Sports Village en Hoë Prestasie Instituut van die NWU maak, kan ‘n mens duidelik sien watter impak hierdie sokkerspan in die stad gemaak het.



