SportSport

Potch Dorp hou proewe vir Volcano Superliga hierdie Woensdag

Daar heers groot opwinding by Potch Dorp Rugbyklub oor die nuwe rugbyseisoen waar hulle aan die nuwe Volcano Superliga saam met van die Luiperds, Blou-Bulle en Valke se klubspanne gaan deelneem. In die Super B-liga sal 11 spanne naamlik Potch Dorp, Tuine, TUT, Korrektiewe Dienste, Dragons, Pretoria, Brakpan, Vereeniging, NWU-Vaal, Boksburg en Klerksdorp sake uitspook. …

Daar heers groot opwinding by Potch Dorp Rugbyklub oor die nuwe rugbyseisoen waar hulle aan die nuwe Volcano Superliga saam met van die Luiperds, Blou-Bulle en Valke se klubspanne gaan deelneem.
In die Super B-liga sal 11 spanne naamlik Potch Dorp, Tuine, TUT, Korrektiewe Dienste, Dragons, Pretoria, Brakpan, Vereeniging, NWU-Vaal, Boksburg en Klerksdorp sake uitspook.
Proewe vir oop man-spanne, sowel as ‘n o.20 manspan gaan juis komende Woensdag, 23 Januarie by Potch Dorp Rugbyklub se velde (langs Olënpark) plaasvind.
Potch Dorp Rugbyklub gaan vanjaar in twee anders ligas, naamlik die Presidentsbeker en Luiperdsliga speel, met wenrugby as prioriteit.
Wat Potch Dorp ‘n hupstoot gee is die insluiting van huidige Luiperdsspelers wat in hulle oefengroep is. Dit sluit ervare spelers soos die losvoorspelers, Jaco Swanepoel en HP Swart senter, Bradley Moolman, en die loskopstut, Joe Smith, in.
Volgens die wedstryd-organiseerder by Potch Dorp Rugbyklub, Pieter Jordaan, is die proewe oop vir enige iemand om hulle staal te kom wys.

Potch Dorp Rugbyklub
Potch Dorp Rugbyklub

“Ons wil juis ook fokus plaas op ons nuwe o.20 span vir die Volcano Superliga. Ons soek veral rugbyspelers wat klaar is met skool en steeds rugby wil speel. Ons wil die jong talentvolle spelers intrek by die klub,” voer Jordaan aan.
Nog ‘n groot wortel voor die neus van spelers is dat klubspelers nou ook vir die Luiperds gekies kan word en dat goeie vertonings in die komende Volcano Superliga tot groot voordeel kan strek vir klubspelers.

Belangstellendes kan na Potchefstroom Dorp Rugbyklub se Facebookblad kyk vir meer inligting: https://www.facebook.com/PDRugby/ of enige iemand wat belangstel om te speel kan Pieter Jordaan by 071 946 2640 of Jan Weideman by 082 853 3269 skakel.
Oefeninge by die klub is Maandae, Woensdae en Donderdae vanaf 18:00.

Boston

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button