SportSport

Volkies se krieketspelers val vas teen Centurion

Beide Hoër Volkskool Potchefstroom se eerstespan en o.15A-span het die afgelope naweek hulle eerste wedstryde van vanjaar se Finsbury A-liga teen Hoërskool Centurion verloor. Die o.15-A span het tuis gespeel en eerste gekolf met John van Wyk se 34 (43) en Ewald Viljoen se geduldige 40 (92) wat die platform vir die groottotaal van 231/8 …

Beide Hoër Volkskool Potchefstroom se eerstespan en o.15A-span het die afgelope naweek hulle eerste wedstryde van vanjaar se Finsbury A-liga teen Hoërskool Centurion verloor.

Die o.15-A span het tuis gespeel en eerste gekolf met John van Wyk se 34 (43) en Ewald Viljoen se geduldige 40 (92) wat die platform vir die groottotaal van 231/8 gesorg het.

Foto’s: Wouter Pienaar

Dit was nie genoeg nie en Centurion haal die teiken met nog 12 boulbeurte oor. Corné Prinsloo is Volkies se top bouler, met 2/39 in sy 10 boulbeurte.
Volkies se eerstes verloor met vier paaltjies nadat hulle kolwers met 181 almal uit nie genoeg lopies kon aanteken vir hulle boulaanval om te verdedig nie.
Centurion bereik die teiken op hulle tuisveld en vier paaltjies oor in hulle beurt na 33 boulbeurte.

Boston

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button