SportSport

Noordwes atletiekkampioenskappe gaan vuurwarm wees dié naweek

Die NWU Kenneth McArthur Atletiekstadion gaan die komende naweek ‘n miernes van bedrywigheid wees, met beide die Laerskole en Hoërskole Noordwes Atletiekkampioenskappe wat gaan plaasvind.

Die NWU Kenneth McArthur Atletiekstadion gaan die komende naweek ‘n miernes van bedrywigheid wees, met beide die Laerskole en Hoërskole Noordwes Atletiekkampioenskappe wat gaan plaasvind. Die Laerskole-byeenkoms vind Vrydag, 1 Maart plaas, met die hoërskole-kampioenskappe wat op 2 Maart plaasvind.

Foto’s: Wouter Pienaar

Potchefstroom Gimnasium en Hoër Volkskool Potchefstroom se atlete is ook slaggereed vir hierdie provinsiale byeenkoms na goeie vertonings by die onlangse Dr. Kenneth Kaunda-byeenkoms. 44 van die 57 atlete van Potchefstroom Gimnasium wat Saterdag aan die Dr. Kenneth Kaunda-byeenkoms, deelgeneem het, gaan deur na die Noordwes Hoërskole Atletiekbyeenkoms.

Die volgende atlete het meer as 1 000 punte op die ABSA-tabel behaal: Lee-Ann Grobbelaar, Phemelo Molale, Karmen Fouché, Armand Willemse, Wiané Joubert, Riandi Boshoff en Lumka Gebengana.

19 van Volkies se atlete gaan die Dr. Kenneth Kaunda-streek hierdie komende Saterdag verteenwoordig. Dit sluit onder meer top atlete soos Cara du Preez, John van Wyk, Lara Rall, Dirk Crafford, Mardi Swart, Gerrit Muntingh en Janise Nell in.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button