SportSport
Gimmies se o.15’s kraai konings in die Finsburyliga
Potchefstroom Gimnasium se kranige o.15A krieketspan is die Finsbury B-ligawenners na ‘n uitstekende seisoen waar dié jong ysters hulle staal met kolf en bal bewys het. Gimmies het beslis hier ‘n span om mee rekening te hou en dinge lyk rooskleurig vir die komende paar jare in Gimmies se krieketkamp. Algeheel eindig Gimmies derde in …

Potchefstroom Gimnasium se kranige o.15A krieketspan is die Finsbury B-ligawenners na ‘n uitstekende seisoen waar dié jong ysters hulle staal met kolf en bal bewys het.

Gimmies het beslis hier ‘n span om mee rekening te hou en dinge lyk rooskleurig vir die komende paar jare in Gimmies se krieketkamp. Algeheel eindig Gimmies derde in die B-liga, nadat die eerstespan ‘n moeilike seisoen agter die rug het. Vir ‘n skool om na die A-liga te beweeg, moet albei o.15 en eerstespanne genoeg punte behaal om algeheel eerste te eindig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



