SportSport

NWU maak gereed vir stryd teen Ikeys vannaand

Die NWU speel darem vir die eerste keer in drie weke ‘n tuiswedstryd op die Fanie du Toit Sportgronde en hulle sal hoop om voor hulle tuisskare weer die tipe rugby te speel waartoe hulle in staat is.  Volgens afrigter Mokuena is die Maties-wedstryd een wat hulle eerder sal vergeet en hul fokus sal aanskuif …

Die NWU speel darem vir die eerste keer in drie weke ‘n tuiswedstryd op die Fanie du Toit Sportgronde en hulle sal hoop om voor hulle tuisskare weer die tipe rugby te speel waartoe hulle in staat is.  Volgens afrigter Mokuena is die Maties-wedstryd een wat hulle eerder sal vergeet en hul fokus sal aanskuif na die komende Ikeys-stryd.  “Ons het baie foute gemaak en nie op die standaard gespeel wat ons stel nie.

Lungelo Gosa of FNB NWU Pukke in action during the Varsity Cup match between UJ and NWU Pukke at UJ stadium on Monday 04 February 2019.
Photo: Christiaan Kotze/SASPA
Josh Moon, captain of UCT during the Varsity Cup match between FNB Shimlas and FNB UCT Ikeys at Shimlapark Stadium, Monday 4 March 2019, Bloemfontein, 2019

Die ouens was baie teleurgesteld en ons gaan die druk in moeilike situasies baie beter moet verlig,” het Mokuena genoem. Die skrumskakel, Chriswill September, behoort weer terug in die span te wees, terwyl staatmakers soos Wian Conradie en Gideon van der Merwe weer hulle hande sal moet opsteek en ander aansteek om dieselfde te doen. Die Ikeys wat skade kan aanrig is Darian Hock en James Tedder, asook flank en kaptein, Josh Moon.  Die wedstryd tussen NWU en Ikeys skop om 18:30 af.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button