SportSport

Foto’s: Volkies se pretdraf steek ‘n fiksheidsvonkie aan

Die hedendaagse neiging om gesonder te leef en ‘n aktiewe leefstyl wat nagestreef word deur talle mense, het ‘n vonkie laat vlam vat! Dit is om hierdie rede, en ook ter wille van die insameling van toerfondse, wat Volkies op 27 Maart ‘n 4 km-pretdraf aangebied het. ‘n Feestelike atmosfeer, en die reuk van braaivleis …

Die hedendaagse neiging om gesonder te leef en ‘n aktiewe leefstyl wat nagestreef word deur talle mense, het ‘n vonkie laat vlam vat! Dit is om hierdie rede, en ook ter wille van die insameling van toerfondse, wat Volkies op 27 Maart ‘n 4 km-pretdraf aangebied het.

‘n Feestelike atmosfeer, en die reuk van braaivleis het bygedra tot die pret en welkome samesyn. Die 4 km-roete in en om Volkies is gelei deur die verkeersdepartement. By die waterpunt is gestop om asem te skep en sommer net ‘n kuiertjie in te pas. Talle leerders het deelgeneem, en die atlete van Bert’s Bricks Marathonklub het die geleentheid besonder goed ondersteun. Van oud tot jonk het die wegbreek uit ‘n gewone Woensdagroetine geniet en daar is reeds navrae na die volgende geleentheid.

Volkies hoop om dit ‘n jaarlikse instelling te maak, en selfs ‘n langer afstand by te sit vir die meer gesoute hardloper. Die manswedloop is gewen deur Robert de Villiers, en vir die vrouens het Cara du Preez eerste oor die wenstreep gehardloop. Hierdie atlete het elkeen met ‘n kontantprys weggestap.

Volkies bedank graag hulle borge vir die geleentheid: Body Fuel Water en Blue Ribbon, asook die gemeenskap wat hulle ondersteun het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button