Na ‘n ontnugterende 28-0 nederlaag teen Tukkies, gaan die NWU hulle sokkies moet vir hulle kragmeting teen CUT>
NWU pak nou die reis na Bloemfontein hierdie komende Maandag (25 Maart) aan vir ‘n moet wen stryd teen die begeesterde CUT, wat hulle beste seisoen ooit in Varsitybekergeskiedenis beleef. CUT het voorheen gereeld die houtlepel huis toe gedra, maar die afgelope Maandag kon hulle vir Shimlas met ‘n 38-35 oorwinning verras. Die onvoorspelbaarheid van vanjaar se kompetisie sal die NWU moet regruk om weer hulle beste te lewer, of hulle kan ook nes Shimlas ‘n skrik op die lyf gejaag word.
“Die Varsitybeker is ‘n moeilike kompetisie en as jy nie jou beste spel bring nie, dan gaan jy swaarkry,” het NWU afrigter Jonathan Mokuena genoem.
Die wedstryd teen CUT skop om 18:30 af.







