SportSport

Denemarke wag vir Potch se jong landlooptrio

In Aarhus, wat slegs ‘n uur se rit van Billund waar, die bekende Lego-hoofkwartier is, sal hierdie jong atlete hulle blokkies van sukses mooi teen van die top landloopatlete in die wêreld moet bou.

Drie van die belowendste jong atletiektalente wat Suid-Afrika by die Wêreld Landloopkampioenskappe in Aarhus, Denemarke gaan verteenwoordig, kom uit die waters van Potchefstroom. Robert de Villiers, Cara du Preez en Danielle Verster gaan in die groen en goud op Saterdag 30 Maart skitter.
In Aarhus, wat slegs ‘n uur se rit van Billund waar, die bekende Lego-hoofkwartier is, sal hierdie jong atlete hulle blokkies van sukses mooi teen van die top landloopatlete in die wêreld moet bou. De Villiers gaan in die junior mans-afdeling deelneem (10km) met Du Preez en Verster in die junior vroue-afdeling (8km).
Die ervare langafstandafrigter, Nollie Meintjies, rig steeds vir De Villiers en Du Preez af. Hierdie langtermyn verhouding werp vrugte af met albei atlete wat nou op landloopgebied SA se naam gaan hoog hou.

Potchefstroom se jong SA landloopatlete is gereed om naam te maak by die 2019 Landloop Wêreldkampioenskappe in Aarhus, Denmarke op Saterdag, 30 Maart. Van links is Danielle Verster (junior vroue), Cara du Preez (junior vroue) en Robert de Villiers (junior mans).

“Dit gaan moeilike toestande wees, want dit is gewoonlik meer modderig en glad in Europa hierdie tyd van die jaar. In ons land is daar gewoonlik meer stof, maar daar is ander elemente wat die atlete voor moet uitkyk en algeheel is die tye stadiger,” noem Meintjies.

De Villiers beaam ook hierdie feit en noem dat die moeilike kompetisie en nuwe toestande daartoe bydra dat hy graag eers ‘n plek in die top 25 sal wil behaal.

“Die plan is om die top 25 te haal en enige iets na dit sal dan ‘n bonus wees,” vertel ‘n opgewonde De Villiers.
Die 15-jarige Verster wat onder die afrigting van haar pa, Jean Verster, uitblink sal ook hierdie byeenkoms as ‘n verdere stappie in haar ontwikkeling as atleet sien, aangesien sy teen o.20 atlete gaan deelneem en waardevolle ondervinding sal opdoen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button