SportSport

NWU weer terug op koers met CUT-slagting

Jonathan Mokuena se manne het van die eerste tot die laaste fluitjie beheer uitgeoefen en die Bloemfonteiners geen kans gegee om 'n sê in die wedstryd te kry nie.

Die NWU het geen genade teen CUT getoon gisteraand in hulle 60-7 Varsitybeker oorwinning nie om weer op dreef te kom nadat hulle die vorige week teen Tukkies met 28-0 verneder is.

Jonathan Mokuena se manne het van die eerste tot die laaste fluitjie beheer uitgeoefen en die Bloemfonteiners geen kans gegee om ‘n sê in die wedstryd te kry nie.

Die sterre vir die NWU op die aand was die vleuel, Pienaar van Niekerk, wat in sy terugkeer in die span na ‘n besering weer sy talent bewys het. Van Niekerk het twee drieë ingepalm met die agterspelers, Lincoln Daniels, AK Nela, Lungelo Gosa en Chuiner van Rooyen wat ook agter die pale gaan kuier het.

Die NWU is na hierdie oortuigende oorwinning tans derde op die punteleer met nog een groepswedstryd oor teen Wits komende Maandag (1 April) op die Fanie du Toit Sportgronde.

Telling:

CUT: 7
Drieë: Karabo Maqeba
Doelskoppe: Marc Morrison

NWU: 60
Drieë:
 Pienaar van Niekerk (2), AK Nela, Johan Retief, Chuiner Van Rooyen, Lugelo Gosa, Keagan Tait, Lincoln Daniels
Doelskoppe: Schalk Hugo (8)

Lees meer in komende week se Potchefstroom Herald (28 Maart)

Foto’s: Van Zyl Naudé/ASEM Engage

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button