
Gimmies se eerste dogtershokkiespan het Volkies se eerstes gemaklik met 6-0 geklop op die NWU Astroturf in ‘n vriendskaplike voorwedstryd in die 2019 Varsity Hokkietoernooi.
Hierdie wedstryd is regstreeks op Supersport uitgesaai en dit het dié dogters sommer daardie ekstra motivering gegee om hulle beste talente ten toon te stel voor ‘n nasionale gehoor.
Steeds was daar ‘n feestelike atmosfeer met leerders van albei skole wat hulle eerste dogtershokkiespanne aangemoeg het.
Gimmies was net ‘n vlak bo Volkies in hierdie wedstryd en het verdien om die wedstryd te wen.
Kyk die foto’s hier: (Foto’s – Wouter Pienaar)
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



























