SportSport

Luiperds soek broodnodige wen teen Valke

Die Luiperds se jeugdige span is propvol talent maar kon tot dusver net nie alles bymekaar sit om die wen deur te trek nie.

Die Luiperds kom komende naweek (Sondag, 19 Mei) teen die Valke in Rustenburg te staan en dit sal ‘n groot toets vir Pretorius-hulle wees wat broodnodig ‘n wen moet kry.

Die Luiperds se jeugdige span is propvol talent maar kon tot dusver net nie alles bymekaar sit om die wen deur te trek nie.

Eugene Hare begin hierdie week op regtervleuel en sal sy goeie vorm wil voorsit. Die man met die x-faktor, Lungelo Gosa, sal op linkervleuel begin. Verder sal al die ou bekendes ook hulle plekke vir die belangrike kragmeting in neem. Chriswill September en Schalk Hugo vorm weer ‘n soliede vennootskap met AK Nela en Evardi Boshoff wat as senters sal wil punte aanteken.

Foto’s: Johan Orton

Daar word ook ‘n kans op die bank vir die flank, André Fouché gegee. Hierdie speler was een van die uitstaande spelers vir die NWU in vanjaar sy Young Guns-toernooi.

Die Luiperds kaptein, Chriswill September, is wel bewus van sy span se vorm en beklemtoon die feit dat ‘n puik vertoning vir die volle 80 minute nodig sal wees teen die Valke.

“Ons het swak begin teen die Pumas en dit het ons in die steek gelaat. Die tweede helfte was baie beter en dit wat ons geoefen het, het ons geïmplementeer. Ons was veral baie sterker op die verdediging, wat goed was. Die Valke en ons is albei honger vir ons eerste wen, so as ons van die begin af fokus hou, sal ons hopelik die wen kry,” noem Luiperds kaptein, Chriswill September.

Die wedstryd skop om 14:30 op die Impala Rugbyklub se velde af.

Luiperds teen Valke:

  1. Chuiner van Rooyen; 14. Eugene Hare, 13. Evardi Boshoff, 12. AK Nela, 11. Lungelo Gosa; 10. Schalk Hugo, 9. Chriswill September ©; 8. Edmund Rheeder, 7. HP Swart, 6. Wandi Mazibuko, 5. Danny du Plooy, 4. Johan Retief, 3. Robert Hunt, 2. Ruan Groenewald, 1. Botter Moloto. Reserwes: 16. Gustav du Randt, 17. Nelius Theron, 18. Matimu Maganyi, 19. Morné Moos, 20. André Fouché, 21. Keegan Tait, 22. Tjaart Benadé

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button