Hoër Volkskool Potchefstroom se seunshokkiespanne het die afgelope Julie-maand by die Noordvaal B-toernooie hulle staal op verskeie astrobane oral in die land gewys.
Volkies se eerste hokkiespan (o.19) het in hulle toernooi in Middelburg ‘n algehele vierde plek behaal. Volkies eindig op nege punte, net buite die top drie (Middelburg, Menlopark en Midstream).
Die o.14-span doen ook ook goed by die o.14 Noordvaal toernooi in Curro Klerksdorp en eindig hier in 6de plek uit 10 skole. Hoërskool Monument vat hier die eerste plek.
Algeheel behaal Volkies ook die vierde plek in die 2019 Noordvaal Hokkietoernooi se B-afdeling.
Volkies se o.19 uitslae:
- Volkies klop Ben Vorster 5-2
- Volkies gelykop teen Hoërskool Transvalia 1-1
- Kwartfinaal: Volkies klop Hoërskool Transvalia 2-1 op 8 sekonde strafdoele (wedstryd eindig 1-1)
- Semi-finaal: Verloor 0-4 teen Hoërskool Middelburg
- 3rde/4de plek: Verloor 0-2 teen Midstream College.



