SportSport

VIDEO: Menere vat Gimmies se eerste krieketspan aan

'n Paar menere soos Willem Coertzen en Bertus Pool het sommer 50-talle aangeteken. Die skoolhoof, Mnr. Roelof Oosthuizen het ook die boulwerk geopen en goeie lyn en lengte gewys.

Om bietjie gees te vang het Gimmies se onderwysers en hoof die eerste krieketspan in ‘n vriendskaplike T20-wedstryd aangevat. Dit was groot sports en daar was baie gees op die veld. ‘n Paar menere soos Willem Coertzen en Bertus Pool het sommer 50-talle aangeteken. Die krieketafrigter, Wian Lubbe het ook lekker teen sy eie span met die kolf ingelê. Mnr. JR Jackson het ook ‘n paar massiewe sesse gemoker. Die skoolhoof, Mnr. Roelof Oosthuizen het ook die boulwerk geopen en goeie lyn en lengte gewys.

Hierdie wedstryd was ‘n klein lusmaker vir die opkomende krieketseisoen en Gimmies Premier League wat komende week begin.

Hier is die video van die aksie:

Hier is foto’s van die dag se krieketaksie:

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button