Volkies se eerste krieketspan het sonder skroom vir Hoërskool Lichtenburg die afgelope Saterdag, 12 Oktober, behoorlik van die veld af gespeel met ‘n 9-paaltjie oorwinning om hulle plek in die NW 50 beurt skolekrieket eindstryd te verseker.
Volkies het eerste geboul en vir Lichtenburg vir slegs 170 almal uit geboender. Van Zyl Smit (2/26) en Christopher de Freitas (2/20) was van die boulers wat hulle hande opgesteek het in ‘n goeie boulvertoning deur die hele span.
Smit se 71 (42) wat 7 viere en 5 sesse ingesluit het was voortreflik en tesame met sy openingsmaat, Niël Jansen van Vuuren 70*(53) met 8 viere en 3 sesse het die fondasie van oorwinning gelê. Jannie Claassens 29* (17) met 6 viere het die laaste paar lopies aangeteken om in slegs 18 beurte die teiken te bereik.
Foto’s: Wouter Pienaar
















