SportSport

SA driekuns vir die stapsensasie

"Ek het geweet dat ek nie kan opgee nie, omdat ek die afgelope week te hard gewerk het. Ek was so moeg, toe ek oor die wenstreep gaan, toe val ek vol verligting neer."

‘n Driekuns van SA staptitels was die afgelope naweek vir die 18-jarige NWU student en stapatleet, Antonio Farmer, beskore.
Antonio het in snikheet toestande dit reggekry om sy teenstanders uit te oorlê en nou kan hy met nog goud in sy trofeekas spog.

“Dit was ‘n verskriklike moeilike wedloop omdat dit so warm was en die lugdruk intens was. Met die laaste rondte was ek omtrent dood.”

“Ek het geweet dat ek nie kan opgee nie, omdat ek die afgelope week te hard gewerk het. Ek was so moeg, toe ek oor die wenstreep gaan, toe val ek vol verligting neer.”

Hierdie boorling van George het vanjaar met ‘n sportbeurs sy voete in Potchefstroom as ‘n eerstejaar gesit en het stelselmatig sy stempel met elke voetstap op die baan afgedruk.

Antonio Farmer ontvang sy goue medalje

“Ek het in 2016 begin stap en in die begin was dit nogal moeilik. Toe ek my eerste geldpryse kry met ‘n wedloop in Mosselbaai, toe weet ek dat ek op die regte pad is.”

Antonio het toe in 2017 sy eerste silwermedalje by die SA Skole Kampioenskappe behaal voordat hy in 2018 sy eerste SA Stapkampioenskap (o.20) verower het. Hy is ook die huidige ASA o.20 stapkampioen en is onder die afrigting van Carl Meyer tans besig om groot mylpale te bereik.

“In 2020 gaan ek nou vir die eerste keer in die senior-afdeling deelneem met 20km wedlope. Die fokus volgende jaar is om my tye te verbeter en om die vakansie meer op afstand te werk.
“Om SA kampioen te wees is ‘n groot voorreg en ek sal graag aan ‘n paar wedlope in Europa wil deelneem. Dit is die plan vir 2020.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button