SportSport

Volkies se top o.15 sterre blink by nasionale week

Noordwes het in hulle eerste wedstryd (tydkrieket) teen SWD op die eerste beurt gewen danksy ‘n puik 49 van Du Plessis, wat ongelukkig was om net-net op ‘n vyftigtal uit te mis.

Die 2019 o.15 Momentum Krieketweek wat vanaf 5-9 Desember in Oos-Londen plaasgevind het, was een van die bestes vir Noordwes in jare.
Noordwes, wat met plaaslike Volkies soos Corné Prinsloo, John van Wyk, Ludwich Schuld, Lunga May, Dewald du Plessis en Wendel Osuala gelaai is, het puik vertoon en vier van hulle vyf wedstryde gewen.
Noordwes het in hulle eerste wedstryd (tydkrieket) teen SWD op die eerste beurt gewen danksy ‘n puik 49 van Du Plessis, wat ongelukkig was om net-net op ‘n vyftigtal uit te mis. John van Wyk moker ook ‘n goeie 37 nie uit nie om NW op 197/6 te laat eindig. SWD is almal uit vir ‘n skamele 76. Hier het Die Wilge se Bathabile Masigo met 1/4 en Lunga May met 1/8 uitgeblink.

John van Wyk is een van Volkies se jong opwindende spelers. Foto: Barco Greeff.
Foto: Barco Greeff.

In die volgende wedstryd teen Boland moes albei spanne met ‘n onbesliste uitslag tevrede wees. Boland slaan 222/9 met Dewald Grové wat ‘n puik 109 vir Boland slaan. John van Wyk is NW se top bouler met 2/22. NW maak 171 almal uit met Corné Prinsloo wat die meeste lopies (42) bydra. Boland se Hennie Botha neem briljante boulsyfers van 8/50.
NW wys ook geen genade vir KZN nie en het die seuns van die kus met vyf paaltjies by Selborne College op die derde dag van die toernooi geklop. Prinsloo is weer in die lopies met ‘n vinnige 36 (26).
Van Wyk saam met Du Plessis bring Noordwes oor die lyn. Teen Mpumalanga behaal NW ‘n puik agt paaltjie oorwinning danksy ‘n puik 71 (56)* van KHS se MJ Mostert. In ‘n spannende wedstryd teen Noordelikes behaal NW ‘n 2-paaltjie oorwinning. Mostert dra ‘n goeie 46 by en Prinsloo neem 3/34 met die bal.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button