SportSport

Top 10 Potch sportoomblikke van 2019

Die nostalgietoer gaan voort by die Noordwes Universiteit se Vrouehokkiespan wat vir die eerste keer in geskiedenis die Varsityhokkie-toernooi verower het.

2019 was ‘n soos gewoonlik weer in Potch ‘n jaar van groot hoogtepunte vir die top atlete en spanne van die stad. Hier is die Herald se sportjoernalis, Wouter Pienaar se terugblik na die top 10 goue oomblikke van die jaar. 1.Varsity Atletiek en USSA-krone vir NWU 2019 was beslis ‘n jubeljaar vir NWU Atletiek met die uitstekende groep atlete en afrigters wat die Varsity Atletiekroon by die NWU McArthur-stadion verower. Hier was Joné Kruger, Chederick van Wyk, Tshepang Makhethe en Johann Grobler, onder andere pure goud werd. Boonop behaal die NWU ook ‘n maande later die USSA-atletiek titel om albei groot kompetisies in die land vir universiteitsatletiek te buit.

The NWU are 2019 Varsity Athletics Champions. Here is men's captain, Chederick van Wyk with the trophy.
The NWU are 2019 Varsity Athletics Champions. Here is men’s captain, Chederick van Wyk with the trophy. Photo: Wouter Pienaar

2.NWU Vrouehokkie en Varsityhokkie Die nostalgietoer gaan voort by die Noordwes Universiteit se Vrouehokkiespan wat vir die eerste keer in geskiedenis die Varsityhokkie-toernooi verower het. Die NWU het puik prestasies in die groepsfase in Potchefstroom (op die nuwe blou astro) behaal en dit toe reggekry om Maties op Stellenbosch met strafdoele te klop. Met hierdie oorwinning het die NWU bewys dat hul nes al die tradisionele hokkiereuse (Maties en Tuks) ook hulle hand hoog kan opsteek.

NWU during the Varsity Hockey Final at Maties Astro in Stellenbosch on May 20, 2019

3.Chederick van Wyk, Mpho Links en Jo-Ané van Dyk skitter Op individuele vlak het die trio van Chedrick van Wyk, Mpho Links en Jo-Ané van Dyk ook skitterende prestasies vir SA in internasionale kompetisies behaal. Van Wyk het by die Wêreldaflos Kampioenskappe ‘n briljante silwermedalje behaal. Links het goud by die Afrika Atletiekkampioenskappe in hoogspring behaal, terwyl Van Dyk ook by hierdie Afrika kampioenskappe silwer in die spiesgooi item vir vroue behaal het.

The NWU Sportswoman (Jo-Ané van Dyk) and Sportsman of the Year (Chederick van Wyk) together with prof. Daryl Balia.
The NWU Sportswoman (Jo-Ané van Dyk) and Sportsman of the Year (Chederick van Wyk) together with prof. Daryl Balia. Photo: Wouter Pienaar.

4.Miandi van Staden wen Afrika titel Die Potchefstroomse blits en SA 100m kampioen, Miandi van Staden, het nou ook die Afrika-titel in haar sak nadat sy die 100m by die CAA Afrika Jeug- en Juniorkampioenskappe in Abidjan, Ivoorkus vanaf 16-20 April gewen het. Miandi het in ‘n tyd van 12.00 sekondes gewen. Dit was ‘n puik vertoning van Van Staden wat nou as een van SA se top opkomende atlete in die voorsienbare toekoms gereken kan word.

Miandi van Staden is in die wolke na haar oorwinning. Foto: Tobias Ginsberg.
Miandi van Staden is in die wolke na haar oorwinning. Foto: Tobias Ginsberg.

5.Volkies se eerste span en o.15 wen NW-titels Hoër Volkskool Potchefstroom se eerste en o.15A-spanne was weer eens onstuitbaar in Noordwes en stap weer met die NW-titels weg. Die o.15A-span was veral briljant en het vir ‘n sesde jaar in ‘n ry die NW-titel gewen. Albei spanne haal die Noordvaal-halfeindstryde voor hulle teen Hoërskool Marais Viljoen vasval. Volkies se eerste span is ook die NW T20-kampioene.

Van Zyl Smit (kaptein van Volkies se eerste krieketspan) saam met die HUB van Noordwes Krieket, HP Prinsloo.
Van Zyl Smit (kaptein van Volkies se eerste krieketspan) saam met die HUB van Noordwes Krieket, HP Prinsloo.

6.Gimmies vat Classic Clash kroon Nog min was die term “impakspeler” so goed beskryf soos toe Gimmies se plaasvervanger losskakel, Billy Jacobs, met twee drieë en vier doelskoppe, vir Gimmies na ‘n 33-21 oorwinning teen Volkies gelei het. Dit was hoe Gimmies se eerstespan dit reggekry het om Volkies in vanjaar se Classic Clash op Volkies se velde te klop. 2019 was ‘n goeie Classic Clash jaar vir Gimmies. 7. Bianca Opperman skitter in Engeland Opperman was een van die groot sterre vanjaar in lewensredding en swem. Sy ryg talle medaljes in en verteenwoordig Suid-Afrika by die Commonwealth Festival of Lifesaving-toernooi in Engeland. Hier behaal sy drie goue medaljes (ses in totaal) en breek talle rekords. ‘n Puik vertoning vir die Girls High School leerder. 8. Karate sensasie behaal brons Marco Botha se prestasie in Japan is nie sommer iets wat elke dag gebeur nie. Die leerder van Ferdies is een van SA se top atlete in dié sport, onder die afrigting van Sensei Stephan Steyn by Steyn Dojo. Botha het ‘n bronsmedalje by die WSKF Wêreldkarate kampioenskappe in Japan behaal.

Marco Botha staan trots na sy briljante derde plek by die WSKF Karate Wêreldkampioenskappe in Japan.
Marco Botha staan trots na sy briljante derde plek by die WSKF Karate Wêreldkampioenskappe in Japan.

9. NWU Netbal is USSA-kampioene Die NWU se netbalspan het in ‘n puik spanpoging die reggekry om die USSA netbaltitel te verower. Dit was NWU afrigter, Elsunet du Plessis se eerste titel met die span. Die NWU het ‘n paar groot kanonne geklop en met ‘n welverdiende titel in hul pers en turquoise kleure weggestap. 10. Nuwe Luiperds afrigter en president huldig nuwe era in Dit was ‘n jaar van grootskaalse veranderinge by die Luiperds met die dat ‘n nuwe president en hoofafrigter aangestel is. Die voormalige Springboklosskakel, André Pretorius, is as afrigter van die Luiperds aangestel met Mervyn Taylor wat die rol van president inneem. Taylor is as ’n baie geskikte kandidaat gesien, met die dat hy ook die NWU Rugbyinstituut se bestuurder is en ‘n ryke rugbykennis van Noordwes het.

Luiperds afrigter en voormalige Springbok Wêreldbekerwenner, André Pretorius. Foto: Wouter Pienaar
Luiperds afrigter en voormalige Springbok Wêreldbekerwenner, André Pretorius. Foto: Wouter Pienaar

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button