SportSport

NWU swemmers vat NW-kroon

Die NWU se kranige swemmers het vir Harties Reflections (8 748) in die tweede plek en Rustenburg Otters (8 463) in die derde plek uitgestof.

Die NWU Swemklub is die Noordwes kampioene nadat hulle weer hulle ratsheid en puik vermoëns in die swembad gewys het. Die NWU-Swemklub het tydens die jaarlikse Noordwes-kampioenskappe, wat vanaf 8 – 12 Desember 2019 onder ongure weersomstandighede in Rustenburg plaasgevind het, as algehele wenners uit 15 deelnemende klubs met ‘n totaal van 8 950 punte uit die stryd getree.

Die NWU se kranige swemmers het vir Harties Reflections (8 748) in die tweede plek en Rustenburg Otters (8 463) in die derde plek uitgestof. Dié gala word as die seisoen se plaaslike vlagskip byeenkoms beskou met tradisioneel uiters strawwe kompetisie tussen veral die twee Potchefstroomse swemklubs, Rustenburg Otters (die sterkste van die Rustenburgse klubs) en Harties Reflections (die sterkste klub in die Hartbeespoort area). ‘n Totaal van 46 junior en senior NWU-swemmers het vir die kampioenskappe ingeskryf en het 55 goue, 78 silwer en 54 brons medaljes ingepalm.

Swemmers van die NWU-Junior Swemklub saam met afrigter Mickey Olivier.

Die Pukke se individuele medalje-wenners op die podium was as volg: Nadia Blaauw (7 goud, 1 silwer, 1 brons), Van Zyl Brand (4 goud, 2 silwer), Jack Cameron (2 brons), Megan Clouston (1 goud, 2 brons), Hofmeyr de Vos (2 goud), Schalk de Vos (1 goud), Anica Dennis (1 goud, 3 silwer, 2 brons), Sumé du Preez (2 silwer, 1 brons), Retief Esterhuysen (1 goud, 4 silwer, 2 brons), Jace Gomes (2 silwer, 2 brons), Tiago Gomes (1 brons), Francois Goosen (2 goud, 4 silwer), Ashley Hunter (1 silwer, 4 brons), Brendon Jacobsz (1 silwer), Malan Jacobsz (2 goud, 5 silwer), Licinda Kleynhans (1 goud, 3 silwer, 2 brons), Clarissa Liebenberg (1 silwer, 2 brons), Li McQuire (1 silwer, 1 brons), Marné Meyer (4 goud, 4 silwer), Lionel Moss (1 goud, 1 silwer, 3 brons), Alyssa Norman (3 silwer, 1 brons), Deirdré Olivier (2 silwer, 1 brons), Mickey Olivier (1 goud, 2 silwer, 4 brons), Egbert Palmer (1 silwer, 3 brons), Xandri Palmer (4 silwer, 4 brons), Amori Potgieter (1 goud, 4 silwer, 5 brons), Mia Putter (3 goud), Matt Roos (2 goud, 3 silwer, 1 brons), Dawid Rossouw (2 silwer, 4 brons), Tiaan Rossouw (5 goud, 2 silwer, 1 brons), Wian Schoeman (2 silwer), Keira Schroll (2 goud, 1 silwer), Janco Uys (3 goud, 5 silwer, 1 brons), Juandré Uys (4 goud, 5 silwer), Courtney van Biljon (2 goud, 2 silwer, 3 brons), Morné van der Bank (5 goud, 2 silwer, 2 brons), Jeanné van der Merwe (2 brons) en Chilene Voster (1 silwer)

Indien die aflosse hierby verreken word, (8 eerste, 9 tweede en 6 derde plekke), styg die klub se totale medalje-oes tot 279. Mickey Olivier, afrigter van die Junior Pukkies, is baie in sy noppies met die sigbare vordering wat die afgelope twee jaar onder sy leiding gemaak is, asook met die feit dat die klub gedurende hierdie tydperk as beide die provinsie se kort- en langbad kampioene gekroon is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button