SportSport

Junior liga-galas ‘n groot sukses

Die laaste gala in die huidige reeks is op 7 Februarie by Potchefstroom Gimnasium se swembad aangebied, waar ‘n rapsie oor die 50 entoesiastiese swemmers van verskillende swemskole en klubs in die omgewing die water behoorlik laat spat het.

Die NWU Junior Swemklub het in 2017 begin om ‘n reeks junior liga-galas vir swemmers tussen die ouderdomme van 6 tot 13 jaar aan te bied. Hierdie galas het ten doel om aan jong swemmers wat nie noodwendig aan ‘n swemklub behoort nie, ‘n geleentheid te bied om in ‘n nie-bedreigende omgewing aan ‘n formele swemgala deel te neem. Die klem is dus hoofsaaklik swemontwikkeling. Die gewildheid van hierdie tipe galas het intussen sodanig toegeneem dat daar in die Rustenburg-area ‘n gelyklopende reeks aangebied word.
Die laaste gala in die huidige reeks is op 7 Februarie by Potchefstroom Gimnasium se swembad aangebied, waar ‘n rapsie oor die 50 entoesiastiese swemmers van verskillende swemskole en klubs in die omgewing die water behoorlik laat spat het. Die volgende reeks sal in September vanjaar afskop. Belangstellendes kan Mickey Olivier by 071 868 6119 of Van Zyl Brand by 082 706 9097 kontak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button