SportSport

Gimmies is weer eens Interhoër kampioene

Gimmies het soos 'n goed geoliede masjien as 'n span saamgewerk en al was daar uitblinkers het elke liewe punt 'n verskil gemaak.

Vir die afgelope 5 jaar is Gimmies onoorwonne in die Noordwes Interhoër en hulle het seker gemaak dat hulle die wentradisie vanjaar voortsit.

Skitterende vertonings van onder andere Miandi van Staden, Phemelo Molale, Karmen Fouché en Rico Leijenaar, was vir Gimmies genoeg om strawwe teenstand van KHS en Rustenburg te weerhou op ‘n fantastiese dag van skoleatletiek.

Foto’s: Wouter Pienaar

Gimmies het soos ‘n goed geoliede masjien as ‘n span saamgewerk en al was daar uitblinkers het elke liewe punt ‘n verskil gemaak. Gimmies het ongeveer 200 punte vir KHS in ‘n taai stryd geklop. Gimmies se dogtersspan het ook gewen, terwyl KHS se seunsspan ‘n eerste plek behaal het.

Potchefstroom Girls High het die geesbeker gewen vir hulle uitmuntende sang en passie op die pawiljoen. Toe Girls High se o.16 dogters aflosspan ‘n eerste plek in die aflos behaal was dit die kersie op die koek.

Ander hoogtepunte sluit beide Molale en Van Staden se aflosprestasies waar hulle die wenne vir hul onderskeie spanne perfek in die laaste 100m afgerond het.

Lees meer oor die Interhoër in komende week se Potchefstroom Herald (20 Februarie) vir al die internuus en reaksie rondom hierdie puik byeenkoms.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button