Die immergewilde NW skole T20 kriekettoernooi is weer op dreef met die kwart, half en eindstryde wat hierdie naweek (22-23 Februarie) in Potchefstroom gaan plaasvind.
Die provinsie se top krieketskole soos Potchefstroom Gimnasium, Hoër Volkskool Potchefstroom, Hoërskool Rustenburg, Fields College en Hoërskool Klerksdorp sal onder andere betrokke wees.
Twee groot kanonne sal mekaar sommer alreeds in die kwarteindstryd Saterdag om 14:30 op die Witrand krieketveld aanvat. Gimmies speel teen die verdedigende kampioen, Volkies, met die wenner vat dan na die halfeindstryd dié Sondag sal vorder.
Sondag sal die wenner ook bepaal word. NW se beste T20 krieketspan sal dan teen Gauteng se beste skool op ‘n latere stadium deelneem, met ‘n plek in die nasionale KSA T20 toernooi wat op die spel sal wees.
Die weer mag wel ook ‘n faktor wees, met reënwolke wat die naweek voorspel word.
Kwarteindrondte bepalings:
Saterdag, 22 Februarie
• Hoërskool Lichtenburg teen Lichtenburg Hub (10:00) (Witrand)
• Hoërskool Klerksdorp teen Matlosana Hub (10:00) (Stapelberg)
• Volkskool teen Gimnasium (14:30) (Witrand)
• Hoërskool Rustenburg teen Fields College (14:30) (Stapelberg)
*Die halfeindstryde sal Sondag om 10:00 en die eindstryd om 14:30 plaasvind.



