SchoolsSportSport

Gimmies se oë nou op St Stithians na NW T20 sukses

Potchefstroom Gimnasium se T20 krieketspan is Noordwes kampioene nadat hulle gistermiddag (Sondag, 23 Februarie) vir KHS in die eindstryd van die KSA NW Skole T20 reeks met 9 paaltjies geklop het. 

Potchefstroom Gimnasium se T20 krieketspan is Noordwes kampioene nadat hulle gistermiddag (Sondag, 23 Februarie) vir KHS in die eindstyd van die KSA NW Skole T20 reeks met 9 paaltjies geklop het.

Gimmies gaan nou na hierdie titel (die eerste een sedert 2014) vir nog een smag wanneer hulle komende Woensdag, 26 Februarie om 09:30 teen Gauteng se T20 wenner, St Stithians-kollege, op Senwes Park te staan kom. Die wenner sal dan die Lions by die nasionale T20 toernooi later in Maart verteenwoordig.

Martin Bullock was die voorste lopiemaker vir Gimmies met 'n lopiegemiddeld van 55 en 165 lopies in drie wedstryde. Foto: Andrea Visser
Martin Bullock was die voorste lopiemaker vir Gimmies met ‘n lopiegemiddeld van 55 en 165 lopies in drie wedstryde. Foto: Andrea Visser

Die sal nie ‘n maklike taak vir Gimmies wees nie aangesien St.Stitihians die verdedigende kampioen is en die nasionale trofee ook in 2014, 2016 en 2017 gewen het.

Gimmies se afrigter, Wian Lubbe, is wel gereed vir die uitdaging veral nadat sy span so puik in die Noordwes-kompetisie gespeel het.

“Beplanning vir St Stithians gaan belangrik wees. Ons gaan goed takties voorbereid moet wees en dit beheer wat ons kan beheer,” het Lubbe genoem.

St Stithians se sterre sluit kolwer Reuben du Toit, en bouler Ngenyasha Zvinoera in.

Lubbe is ook vol lof vir sy spelers na die afgelope naweek se T20-sukses.

“Ons eerste wedstryd teen Volkies (wen met 3 lopies) in die kwartfinaal was baie naby. Die wedstryd is na 5 beurte elk weens reën verkort. Ons wou graag kolf om die druk op hulle te plaas en dit het gewerk. Martin Bullock het 40 (14) gekry en hul op die agtervoet gesit. Een van ons planne was om so min grenshoue as moontlik af te staan en ons veldwerkers op strategiese plekke vir elke kolwer te plaas. Dit kolfblaaie was ook stadig en ons kon spoed van die bal af hou om ons veldwerkers te help,” het Lubbe vertel.

Gimmies vier hulle oorwinning. Foto: Verskaf
Gimmies vier hulle oorwinning. Foto: Verskaf

Bullock was een van die uitstaande spelers vir die manne in blou en grys met 62 (31) teen Lichtenburg in die semi-finaal en 63 (28) in die finaal teen KHS.

“Caleb Seleka het ook ‘n goeie toernooi gehad en met sy draaiballe goed in die middel van die beurte geboul. Hy was ook baie ekonomies en onder 5 lopies per boulbeurt afgestaan.

Die halfeindstryd het Gimmies met 8 paaltjies gewen en die eindstryd met ‘n gemaklike 9 paaltjies. Een van die sleutels tot Gimmies se sukses was hul uitstekende veldwerk. Gimmies het slegs twee grenshoue teen Liggies afgestaan en net ses teen KHS.

“Die ouens weet die doelwit (om St. Stitihians te wen) is nog nie bereik nie. So ons vier ons oorwinning maar ons fokus is op Woensdag,” het Lubbe beklemtoon.

Tellings:

Kwarteindstryd: (Gimmies wen met 3 lopies (D/L)

Gimmies teen Volkies

Gimmies: 56/4 na 5 beurte

Volkies: 55/9 na 5 beurte

Halfeindstryd: (Gimmies wen met 8 paaltjies)

Gimmies teen Lichtenburg

Lichtenburg: 95 almal uit

Gimmies: 98/2 in 13 boulbeurte

Eindstryd: (Gimmies wen met 9 paaltjies)

Gimmies teen KHS

KHS: 127/6 in 20 boulbeurte

Gimmies: 130/1 na 11 beurte

 

 

 

Related Articles

 
Back to top button