In nat en modderige toestande het Potchefstroom Dorp Rugbyklub se eerste span hulle teenstanders van Klerksdorp Rugbyklub met 8-5 die afgelope Saterdag, 22 Februarie geklop.
Hierdie Luiperds Presidentsliga-wedstryd wat by Potch Dorp se velde gespeel is, het ‘n groot groep ondersteuners getrek en was ’n tipiese harde klubrugbystryd.
Die nat bal en veld het hardlooprugby moeilik gemaak en Potch Dorp het op die ou einde meer momentum gehad en takties slimmer gespeel om die wen deur te trek.
Potch Dorp se 2de span het vir Klerksdorp se tweede span gemakliker met 45-5 geklop.
Lees meer in hierdie week (Donderdag, 27 Februarie) se uitgawe van Potchefstroom Herald.


































