SportSport

NWU se “Big Show” blink uit op nommer 10

Evardi "Big Show" Boshoff is hierdie jaar weer kookwater vir die NWU in die Varsitybeker.

Sy spanmaats noem hom “Big Show” en na sy afgelope paar vertonings vir die NWU op losskakel is die naam beslis gepas.

Vir die voorsienbare toekoms lyk dit of Evardi Boshoff nou met die 10 op sy rug sal speel – iets wat hy inderwaarheid geniet.
“Maandagaand se wedstryd teen UJ was goed gewees. Ons het vir ‘n slag goed begin, wat belangrik was. Die ouens het ook karakter op verdediging gewys.

“Ek geniet elke oomblik om op 10 te speel. Om in beheer te bly en baie balbesit te hê is vir my lekker. Dis nog nie bekend op Varsitybekervlak nie, maar ek is bereid om hard te werk en elke week te verbeter,” beklemtoon Boshoff.

Boshoff noem ook dat die een week blaaskans met ‘n loslootjie goed sal wees voor die NWU se yslike kragmeting met die onoorwonne en verdedigende kampioen, Maties op Maandag, 16 Maart.

“Die rus kom op die regte tyd voor ‘n wedstryd soos Maties. Ons wil definitief ‘n semi haal, dit is die plan, want dan kan enige iemand wen.”

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button