SportSport

Foto’s: Volkies struikel teen Noordheuwel op die rugbyveld

Op die rugbyveld maak Volkies nie hond haaraf nie en verloor al hulle wedstryde.

Tydens die afgelope naweek se NWU Prestige-reeks wintersport, het die o.19A netbalspan van Hoër Volkskool Potchefstroom die span van Noordheuwel op hul neuse laat kyk met ‘n 34-33 oorwinning.
Ook op die hokkieveld het die senior seunsspan, met goeie hokkie, as oorwinnaars van die veld gestap met ‘n 5-4 uitslag.
Die junior tennisspan van Volkies het egter vir die naweek se beste uitslae gesorg met hulle wen van 59 stelle teenoor 11.
Op die rugbyveld maak Volkies nie hond haaraf nie en verloor al hulle wedstryde. Die eerstespan verloor met 12-36 teen ‘n top Noordheuwel span.

Hier is foto’s van die eerste span se wedstryd teen Noordheuwel (Foto’s: Wouter Pienaar)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button