Die NWU se Varsitybekerspan gaan hierdie komende Maandagaand in hulle moet-wen wedstryd teen Maties met ‘n nuwe kaptein op die veld draf.
Die losskakel, Evardi Boshoff, neem die leisels as kaptein oor met dié dat agtsteman, Edmund Rheeder, beseer is.
Dit is ‘n groot slag vir die NWU dat Rheeder, een van hulle staatmakers vanjaar, hierdie groot wedstryd misloop.
Tog is daar baie talentvolle spelers wat hulle hande kan opsteek. Chris Vermaak sal die nommer 8-trui teen Maties aantrek met Boeta Piater wat op flank diens sal doen saam met die bestendige Wandi Mazibuko.
Marco Donges behou sy plek op binnesenter en sal ook met sy skopvoet akkuraatheid bring in ‘n stryd waar elke punt van kardinale belang sal wees.
NWU teen Maties:
1) Ruben Du Plessis
2) Gustav du Rand
3) Matimu Manganyi
4) Malembe Mpofu
5) Jeandré Leonard
6) Boeta Piater
7) Wandi Mazibuko
8) Chris Vermaak
9) Riaan Genis
10) Evardi Boshoff (c)
11) Eugene Hare
12) Marco Donges
13) Lincoln Daniels
14) Lungi Gosa
15) Chuiner van Rooyen
Plaasvervangers:
16)Fanie Mare
17) Jason Jansen
18) Sampie Swiegers
19) Wihan Nel
20) Andre Fouche
21) Caleb Louw
22) Ak Nela
23) Khulu Mcuma
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



