Hierdie week kyk die Herald na een van die grootste sportgebeure nog in die Noordwes Universiteit se glorieryke sportgeskiedenis gebeur het.
Vier jaar gelede in 2016 op 11 April het die NWU se Varsitybekerspan omtrent die onmoontlike behaal toe hulle vir Maties met 7-6 in die Varsitybekerfinaal geklop het om vir die eerste keer die trofee te lig.
Wat die oorwinning nog meer spesiaal gemaak het is dat die NWU in verstreke tyd ‘n drie gaan druk het met Marno Redelinghuys wat sy span se wendrie druk en Rhyno Smith wat verdoel. So is ‘n 0-6 agterstand in ‘n 7-6 oorwinning verander.
Nog ‘n aspek wat uitstaan is dat die NWU ook in Stellenbosch hierdie oorwinning in ‘n volgepakte stadion vol Matie ondersteuners behaal het.
Die NWU kan opreg trots wees op hierdie oorwinning met talle spelers uit hierdie groep wat tans naam in die rugbylandskap maak.
Spelers soos Jeandré Rudolph (Blou Bulle), Walt Steenkamp (Cheetahs), Rhyno Smith (Cheetahs) en Sylvian Mahuza (Leeus) het hulle naam hier in die Varsitybeker gemaak en hou aan om kwaliteit spel te lewer.
Hoogtepunte van hierdie stryd kan ook aanlyn op https://www.youtube.com/watch?v=9eGFEzAEeWY gesien word.



