SportSport

Die Classic Clash: My eerste ervaring

Dit is die hoogtepunt van Gimmies en Volkies se sportjaar en iets waarna almal in Potch uitsien. Ek het een ding agtergekom – maak nie saak wie die anders rugbywedstryde wen nie, almal wil weet wie het die eerstespan-wedstryd gewen. Dit is die een wat saak maak.

Toe ek in 2015 as ‘n sportjoernalis by Potchefstroom Herald aangesluit het, het ek geweet dat sport groot is in dié stad.  Ek het wel eers besef hoe groot, toe ek my eerste Gimmies teen Volkies Classic Clash sportnaweek bygewoon en daaroor verslag gelewer het.

Ek wou soveel statistiek en interessante feite in die voorskou plaas

Die afwagting was groot, en weke voor die tyd is voorbereidings reeds gedoen. By talle rugbywedstryde het beide skole se rugbyspanne goed gelyk en die skote teen ander spanne in die liga afgevuur. Aan die een kant was Gimmies onoorwonne sedert 2011 en Volkies het geen geheim daarvan gemaak dat hulle bitter graag teen hulle buurskool in die groot eerstespan rugbystryd weer wil wen nie.

Die eerste Classic Clash voorskou wat ek in die koerant oor geskryd het

Ek het die week voor die Classic Clash na albei skole se vooruitsigte vir die groot sportnaweek geluister en ook ‘n voorskou in die Herald geskryf. Die gees was groot op albei se skoolterrein – so dat ek geweet het dat ek daardie atmosfeer in die koerant moes vasvang. Ek het na die geskiedenis gekyk, met leerders en onderwysers, sowel as oud Gimmies en Volkies gesels. As ‘n nuweling wat die Classic Clash betref, moes ek mooi voorberei. Die idee was om groot te gaan en die opwinding te bou – sodoende het ek en my kollegas besluit om ‘n treffende agterblad te skep waar die kapteins na mekaar kyk met ‘n kunstige oorlogstryd kunswerk in die agtergrond. Binne die sportafdeling was daar ‘n tydskrifstyl voorskou vol kassies en kleurvolle foto’s wat die aandag trek – ek was nog altyd ‘n voorstander dat kleur en eenvoud ‘n leser se oog trek.

Met die voorgereg wat afgehandel is, het ek my lippe begin aflek vir die naweek om te begin. Ek is die Vrydag verras met ‘n titaniese netbalstryd wat Volkies se eerste netbalspan gewen het. Oudergewoonte het Gimmies se hokkiespanne ook koning gekraai. Die huidige NWU ster, Pierre Botma, was deel van Gimmies se span wat doele vir soetkoek aangeteken het.

Die agterblad van die Potch Herald na die Classic Clash Rugbystryd

Wat vir my uitgestaan het was die vlak van ondersteuning vir alle spanne en nie net eerstespanne nie. Ouers, onderwysers, leerders en oud-leerders maak die Clash wat dit is. ‘n Tweestryd met gesonde kompetisie wat jy sukkel om in skolesport in die Noordwes te ewenaar.

Saterdag het aangebreek vir die groot rugbydag.

Dit is die hoogtepunt van Gimmies en Volkies se sportjaar en iets waarna almal in Potch uitsien. Ek het een ding agtergekom – maak nie saak wie die anders rugbywedstryde wen nie, almal wil weet wie het die eerstespan-wedstryd gewen. Dit is die een wat saak maak.

Wat ‘n wedstryd was dit nie – ek kon nie vir ‘n beter wedstryd gevra het om die tradisie, veggees, kompetisie en gees in ‘n 70 minute tydperk te sien nie.

Volkies kry dit reg om met 18-17 op die Fanie du Toit Sportgronde te wen, danksy drieë van senter Henry Campher. Hanru van Rooyen het ook een van sy beste wedstryde op losskakel beleef. Ek sou later nog paar ander stories van hierdie twee Volkies skryf.

Ek onthou dat ek blitsvinnig die aanlynberig op die Herald se webtuiste gelaai het en dat daar oor die honderd kommentare op die berig was en wyd en syd gedeel is.

Die goeie aftrek het die Herald genoop om in die komende jare ook die wedstryd met Facebook lewendig te beeldsend, met oud-Potchefstromers uit Amerika wat ook die wedstryd gekyk het.

Sedert 2016 het ek tot op datum vier Classic Clash naweke bygewoon, elkeen so uniek en lekker soos die vorige jare.

Nou in 2020 is daar nie ‘n Classic Clash in Mei nie en ek is spyt – dit sou hierdie Saterdag plaasgevind het en nou is die Fanie du Toit Sportgronde leeg.

Dit is net nie reg nie.

Ek hoop die Classic Clash kan nog vanjaar aangebied word – ek weet ek is nie die enigste een nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button