
Die Luiperds Rugbyunie het die afgelope Saterdag, 23 Mei, hulle honderste bestaansjaar gevier. Die oorspronklike idee was om ‘n behoorlike rugbydag aan te bied wat klubrugby, skolerugby en provinsiale rugbywedstryde op Olënpark sou insluit.

In die tydperk van 100 jaar is daar natuurlik groot suksesverhale in die Luiperds en oud Wes-Transvaal Rugbyunie se geskiedenis.
Een van die helderste gebeurtenisse was in 2015 toe die Luiperds se eerste divisie-trofee verower het. Die Luiperds het op daardie Vrydagaand in Potchefstroom op Olënpark vir die SWD Arende met 44-20 geklop.

Meel Engelbrecht, Juan Language, Joe Smith, Bart le Roux en Robert Kruger was van die helde vir die Luiperds op ‘n dag waar die voorspelers se krag te veel vir die manne van George was.
Hier is die wedstrydverslag en foto’s van daardie geskiedkundige dag:
https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/4073/luiperds-is-eersteligakampioene-na-tweede-helfte-slagting/




