SportSport

Uit die Argief: Kleinjan Tromp en Tegnies kraai koning

Dit was juis Kleinjan Tromp wat in 1992 die eerste span van HTS tot ‘n Noordwes-sege teen Hoër Volkskool Potchefstroom gelei het.

Daar was ‘n tyd toe HTS Potchefstroom ‘n gerekende teenstander in Noordwes skolerugby was en gereeld vir Volkies sowel as Gimmies les opgesê het.

HTS Potchefstroom spog ook met bekende alumni soos Deon van Rensburg, Naas Olivier, Robert du Preez sowel as Kleinjan Tromp, seun van die legendariese Mielieboer, Jan Tromp.

Dit was juis Kleinjan Tromp wat in 1992 die eerste span van HTS tot ‘n Noordwes-sege teen Hoër Volkskool Potchefstroom gelei het.

Tromp het ‘n briljante wedstryd gespeel en HTS het met 17-8 geseëvier. Ander Tegnies spelers wat op hierdie dag uitgeblink het was, Neels Maritz en Henkie Vermeulen.

Volkies se Hanu Nel sowel as Stoffel Nagel kon nie veel op hierdie dag met hulle talente doen nie, en moes met tweede plek tevrede wees.

Lees die berig uit die argief hieronder:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button