SportSport

Potch val vas teen Klerksdorp op die rolbalbaan

Die eindstryd was tussen Sega Mokoto en Baby Mogojana van die Potchefstroom Buiteklub (PCC) en Klerksdorp se Jillian Booth en Anina Neethling.

Die Klerksdorp Rolbalklub het albei titels in die Noordwes Mans en Vroue Parekampioenskap ingepalm. Die halfeind en eindrondes het Sondag 25 Oktober by die klub plaasgevind.
In die mansafdeling het Klerksdorp se Tinus Crous en Piet Croucamp (Klerksdorp) in die een halfeind met die PCC-paar Jaco Delport en Dawie Barnard afgereken. In die ander halfeind het Rudi Jacobs en Jaco Nel van Parys vir Wimpie Viljoen en Morne Kretschmer van Klerksdorp uitgeskakel.
Die eindstryd was eenrigting verkeer vir Crous en Croucamp. Soveel so dat die Parysenaars Jacobs en Nel handdoek ingegooi het en die stryd voor die 21e kop beëindig is.
In die vroue halfeind was die teenwoordigheid van Martie du Plooy en Alta Klaassen van Koster opmerklik. Hulle is egter uitgeskakel, so ook Linda Fuhri en Stienie Browne van Parys.
Die eindstryd was tussen Sega Mokoto en Baby Mogojana van die Potchefstroom Buiteklub (PCC) en Klerksdorp se Jillian Booth en Anina Neethling. Die stryd het rolbal van die beste kwaliteit gelewer. Die voortou het gereeld van hand verwissel met die uitslag wat eers in die 21e kop bepaal is met Booth en Neethling van die twee belanrike skote opgetel het om 18-14 te wen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button