SportSport

Tweeling gereed vir franchise krieketseisoen

Marco sal by die Warriors in Port Elizabeth ‘n nuwe begin maak, terwyl Duan, ook ‘n veelsydige linkerarm snelbouler en regterhandse kolwer, vir die VKB Knights in Bloemfontein sal speel.

Die voormalige Gimmie eerstespan krieketster en opkomende veelsydige speler, Marco Jansen en sy tweelingbroer Duan, is gereed om hulle merk in die nuwe seisoen in franchise-krieket te maak.
Marco sal by die Warriors in Port Elizabeth ‘n nuwe begin maak, terwyl Duan, ook ‘n veelsydige linkerarm snelbouler en regterhandse kolwer, vir die VKB Knights in Bloemfontein sal speel.
Marco het verlede seisoen vir die Knights gespeel en is nou vir die 2020/21 seisoen in die lemmetjiegroen en swart van die Oos-Kaapse franchise.

Marco wil keurders in sy debuutseisoen by die Warriors beïndruk. Foto: Ranjith Peralam/Kerala Cricket Association

Marco is ook in die Powerade SA Nasionale Akademiegroep ingesluit vir 2020-2022 onder die leiding van Vincent Barnes. Die hoofdoel van die groepe is om spelers in ‘n drie jaar-siklus te identifiseer om vir SA-A of die Proteas te speel.
“Ek is baie opgewonde en sien baie uit om weer deel van die nasionale akademiegroep te wees, aangesien ek verlede jaar reeds saam met Shukri Conrad daar gewerk het.
“Ek het daar baie van my spel geleer, onder meer hoe om krieket te benader en al daardie dinge,” vertel die vaardige linkerarm snelbouler.
Duan het verlede seisoen vir Vrystaat in die Provinsiale drie dag-kompetisie uitgeblink en is ‘n uitstekende toevoeging vir die Knights.

Duan Jansen

Duan sal ook die gulde geleentheid kry om onder die leiding van die voormalige Proteas snelbouler, Allan Donald, as speler te groei.
Vir Marco is sy nuwe reis by die Warriors die gulde geleentheid om konstant goeie vertonings te lewer en trofeesukses saam met sy span te behaal.
“My hoofdoel by die Warriors is om tot die span by te dra en solank die span wen, sal ek bly wees. Ek kan een paaltjie of vyf paaltjies vat of lopies teen ‘n goeie tempo met die kolf maak.
“Solank ek bydra sal ek tevrede wees. Dit sal ook lekker wees om ‘n trofee in die verkorte seisoen te wen. Ons eerste wedstryd is hierdie week teen die Knights,” vertel hy.

Die KSA Nasionale Akademiegroep vir 2020-2022 is as volg:
Joshua Richards (Imperial Lions), Matthew Breetzke (Warriors), Bryce Parsons (Gauteng), Sinethemba Qeshile (Warriors), Kabelo Sekhukune (Momentum Multiply Titans), Grant Roelofsen (Hollywoodbets Dolphins), Wandile Makwetu (VKB Knights), Gregory Mahlokwana (Momentum Multiply Titans), Lifa Ntanzi (Hollywoodbets Dolphins), Gerald Coetzee (VKB Knights), Thando Ntini (Momentum Multiply Titans), Marco Jansen (Warriors), Stefan Tait (Warriors), Dayyaan Galiem (Momentum Multiply Titans), Tshepo Ntuli (Warriors), Jason Smith (Cape Cobras), Jonathan Bird (Cape Cobras).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button