SportSport

Mari-Louise behaal groot oorwinning op die tennisbaan

Van Zyl het by die Kelvin Grove Tennisklub in Rondebosch haar talent bewys en as die derde gekeurde speler vir Carli Kruger met 6-4, 6-2, in die finaal geklop.

Gimmies se top tennisspeler, Mari-Louise van Zyl, het haar jaar op ‘n hoogtepunt afgesluit toe sy by die Growthpoint Super 8 tennistoernooi in Kaapstad, die o.16 dogters titel verower het. Van Zyl het by die Kelvin Grove Tennisklub in Rondebosch haar talent bewys en as die derde gekeurde speler vir Carli Kruger met 6-4, 6-2, in die finaal geklop.

Van Zyl kan uiteraard gelukkig wees met hierdie prestasie nadat sy vanjaar ‘n tweede plek by die SA Junior Tenniskampioenskappe in Bloemfontein behaal het. Sy moes toe die knieg teen die einste Kruger buig.

Mari-Louise van Zyl (regs) ontvang haar trofee. Foto: Potchefstroom Gimnasium/Facebook

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button