Ryno en Dana Schutte is die ene glimlag na hulle albei hulle resies by die Midvaal 100 Miler Bergfietsresies gewen het. Foto’s: Cyclo DNA/Facebook
Dana en Ryno Schutte het die afgelope feestydperk nie op hulle louere gerus nie en besluit om die Midvaal 100 Miler Bergfietsren aan te durf. Die modderige toestande het hulle nie afgeskrik nie. Aangesien hulle so goed kon aanpas en gefokus was, het albei onderskeidelik hul resies gewen.
Volgens pa en seun was dit ‘n resies waar vasbyt van kardinale belang was. “Dit was vir my goed om te midde van baie tegniese probleme steeds te kon wen,” vertel Ryno. “Die uitdagendste was om deur jou modderige bril die pad voor jou te soek,” meen Dana.
Ryno het die mans 80 km gewen, terwyl Dana die veteraan (40-49 jaar) 120 km gewen het. Dit sou oorspronklik 160 km gewees het, maar is weens die reën verkort.
Ryno en Dana Schutte is die ene glimlag na hulle albei hulle resies by die Midvaal 100 Miler Bergfietsresies gewen het. Foto’s: Cyclo DNA/Facebook
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.