SportSport

Tennis-sussies maak skoonskip in die Kaap

Dit was ‘n briljante Desember vir die Van Zyl tennis-susters, Mari-Louise en Jahnie, wat albei hulle kategorieë in die Growthpoint Super 8 Tennistoernooi in Kaapstad gewen het.

Dit was ‘n briljante Desember vir die Van Zyl tennis-susters, Mari-Louise en Jahnie, wat albei hulle kategorieë in die Growthpoint Super 8 Tennistoernooi in Kaapstad gewen het.

Mari-Louise, wat tans in Gimmies is, is al ‘n bekende gesig in tenniskringe. Dit is nou ook ‘n bewys dat tennis werklik in hierdie gesin se bloed is, met haar jonger sussie Jahnie, wat nou ook op die baan skitter. Jahnie, wat by Laerskool Mooiriver skoolgaan, het die o.12-kategorie gewen toe sy die eerste gekeurde Roxy Breden-kamp met 6-0, 6-4 verslaan het. Mari-Louise het dit reggekry om haar teenstander, Carli Kruger, met 6-4, 6-2 te klop.

Vroeër vanjaar het Van Zyl tydens die SA Junior Tenniskampioenskappe in Bloemfontein teen Kruger in die finaal verloor, maar in Kaapstad het Mari-Louise mooi opgemaak daarvoor met ‘n skitterende wen.

Die Van Zyl-sussies het die volgende week aan Growthpoint Winelands in die Strand deelgeneem en weer puik presteer. Jahnie (o.12) wen weer vir Roxy 6-2 6-0 in baie winderige toestande en sy en haar dubbels maat eindig 2de in die dubbels. Mari-Louise (o.16) verloor in die semi-finaal en eindig 3de.

“Om die jaar goed af te sluit met ‘n wen was goed en veral om teen Karli te wen was ook lekker. My diene het goed gewerk en dit was vir my ‘n baie goeie wedstryd. My voorbereiding vir die wedstryd was baie goed. Ek het ‘n volledige wedstrydplan gehad sodat ek nie weer dieselfde foute, soos by die SA Kampioenskappe, maak nie,” noem Mari-Louise.

“Ek gaan probeer om so baie ITF toernooie as moontlik te speel en daar is juis ‘n paar in Potch in Februarie waaraan ek kan deelneem.

“Ek hoop om daaraan deel te neem en goed te doen om my posisie op die ranglys te verbeter,” sê Mari-Louise.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button