SportSport

Potch gholfspeler behaal ‘n puik tweede plek by Gauteng Noord-Ope

Burke, ‘n voormalige Volkie, het ‘n welverdiende tweede plek met ‘n telling van -12 (276) behaal.

Die Potchefstroomse gholfspeler, Christiaan Burke, het die afgelope naweek, 22-24 Januarie by die Gauteng Noord-Ope in Pretoria bewys waarom hy tans onder die top 10 amateurgholfspelers in die land is. Burke, ‘n voormalige Volkie, het ‘n welverdiende tweede plek met ‘n telling van -12 (276) behaal.

Hy het ‘n uitstekende tweede rondte beleef toe hy 64 gespeel het en met vyf houe voorgeloop het, maar het in die latere rondtes meer gesukkel. Die algehele wenner, Christiaan Maas, het die tuistoestande goed benut om die toernooi met -17 (271) te wen. Burke was steeds in sy noppies oor die toernooi, al kon hy nie die trofee lig nie.

“Ek het goed begin met ‘n 68 in die eerste rondte. In die tweede ronde het ek ‘n 64 gespeel en het toe voorgeloop in die toernooi.

“Die laaste dag het ons 36 gate gespeel. Ek het toe 70 gespeel en steeds met een hou voorgeloop. Die laaste rondte het ek ‘n bietjie gesukkel met die weer wat moeilik was, maar ek het baie daaruit geleer,” verduidelik Burke.

Dié 20-jarige kan trots wees op sy uitslae, aangesien hy saam met die top 15 amateur spelers in die land deelgeneem het en sy kop kon hoog hou.

PNP

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button