SportSport

NW Rolbal president oorlede

Jan Koekemoer is altyd ondersteun deur sy vrou Helena en die twee was aangename mense wat altyd tyd gehad het vir ander mense.

Die President van Noordwes Rolbal, Jan Koekemoer, is Sondag 4 April oorlede na ’n ligte hartaanval wat hy op 8 Maart gehad het en toe ook positief getoets het vir Covid-19. 

Hy was sedertdien in die hospitaal onder sedasie. Sy vrou Helena, ‘n staatmaker rolbalspeler het ook positief getoets vir Covid en is op Vrydag 19 Maart opgeneem en Sondag 21 Maart oorlede.

Ronnie Palmer, ervare speler en administrateur, beskryf wyle Jan as ‘n deeglike President wat alles vir die spel gegee het.

“Jan was ‘n man wat geglo het in die ou waardes en nie maklik opgegee het  vir vernuwing wat hy nie as noodsaaklik beskou het nie. Dit het beteken dat daar soms bietjie kopgestamp is.”

Jan Koekemoer is altyd ondersteun deur sy vrou Helena en die twee was aangename mense wat altyd tyd gehad het vir ander mense.

Rolbal Suid Afrika kondig die afsterwe van Jan op hulle webblad aan en sê: ”It is with regret and great sadness that ……” “We record our grateful thanks for his contribution to our sport..” Rolbal in Noordwes gaan beslis armer wees sonder die Koekemoers. Rus in vrede.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button