SportSport

Jansen puik op IPL-debuut

'n Mens kan nou al begin wonder of Marco Jansen, die voormalige Potch Gimnasium krieketkaptein, werklik senuwees van staal het nadat hy in sy eerste Indiese Premierliga (IPL) wedstryd vir die Mumbai Indians byna tot 'n oorwinning geboul het. 

‘n Mens kan nou al begin wonder of Marco Jansen, die voormalige Potch Gimnasium krieketkaptein, werklik senuwees van staal het nadat hy in sy eerste Indiese Premierliga (IPL) wedstryd vir die Mumbai Indians byna tot ‘n oorwinning geboul het.

Jansen het vandag (Vrydag, 9 April) sy eerste wedstryd vir die Mumbai Indians teen die Royal Challengers Bangalore gespeel en moes die laaste boulbeurt boul met die Royal Challengers wat nog 7 lopies van 6 balle gekort het met die gevaarlike AB de Villiers voor die paaltjies.

Jansen het nie net een van die beste T20-kolwers ooit met puik aflewerings gestuit nie, maar in die proses is De Villiers ook vir 48 uitgehardloop. Die oud-Gimmie kon wel nie keer dat sy opponent met die laaste bal die wenlopie slaan nie.

Mumbai Indians se teiken van `159/9 was net binne die bereik van die Royal Challengers wat 160/8 aangeteken het. Tog was dit ‘n merkwaardig boulvertoning van Jansen wat met syfers van 2/28 in 4 boulbeurte spog in ‘n wedstryd waar die druk hoog was.

Jansen se eerste IPL-paaltjie was die van Glenn Maxwell en sy tweede een Shahbaz Ahmed.

Jansen se kaptein, Rohit Sharma, het ook die jong bouler geprys en gewys watter vertroue hulle in hom het om hom die laaste boulbeurt te gee.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button