SportSport

Tukkies verslaan NWU

Al het die NWU danksy Gustav du Rand se drie met 10-9 teen halftyd voorgeloop, kon die Potchefstromers nie vasklou nie en het Tukkies drie onbeantwoorde drieë in die tweede helfte gaan druk om ‘n wen te verseker.

Die NWU het vandag (Sondag, 11 April) teen ‘n top Tukkies-span hulle eerste wedstryd in die 2021 Varsitybeker met 15-33 verloor. Al het die NWU danksy Gustav du Rand se drie met 10-9 teen halftyd voorgeloop, kon die Potchefstromers nie vasklou nie en het Tukkies drie onbeantwoorde drieë in die tweede helfte gaan druk om ‘n wen te verseker.

Jaco Bezuidenhout, Eduan Lubbe en Clyde Lewis het vir die Pretorianers gaan druk in ‘n laaste 20 minute skouspel. Die plaasvervanger NWU flank, Jandré de Beer het die laaste sê gehad met ‘n drie in verstreke tyd. Sodoende het die NWU die enigste punte van die tweede helfte aangteken.

Die NWU het goed geskrum en hulle opponent onder druk in die eerste helfte gesit, maar kon nie die pas volhou nie. Op hierdie datum vyf jaar gelede het die NWU die Varsitybekertitel in 2016 verower met daardie bekende 7-6 oorwinning teen Maties in Stellenbosch.

Dit was wel nie die keer vir die NWU beskore om op sy opponent se tuisveld te seëvier nie, met ‘n Tukkies span wat danksy ‘n sterk tweede helfte vertoning geen kans vir die manne in pers gegee het nie.

Die Varsitybekerspanne vat nou ‘n kort ruskans voordat sake weer op 22 April uitgespook word. Die NWU sal dan teen UWK te staan kom.

 

NWU: 15 (10) Driee: Gustav du Rand, Jandré de Beer

Strafskoppe: Keagan Fortune

Doelskoppe: Keagan Fortune

Tukkies: 33 (9) Driee: Jaco Bezuidenhout, Eduan Lubbe en Clyde Lewis

Doelskoppe: Zander du Plessis (3)

Strafskoppe: Zander du Plessis (4)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button